SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.42 número3 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    In die Skriflig

    versión On-line ISSN 2305-0853versión impresa ISSN 1018-6441

    Resumen

    VAN DER WALT, B.J.. 'n Reformatoriese samelewingsfilosofie: 'n Sistematiese uiteensetting, kritiese evaluering en praktiese toepassing. In Skriflig (Online) [online]. 2008, vol.42, n.3, pp.499-530. ISSN 2305-0853.

    Die probleem wat hier onder die loep geneem word, is dat Christene, kerke en teoloë dikwels deur geen of 'n baie vae lewensbeskoulike perspektief op die sosiale lewe gelei word. Soms word selfs van nie-Bybelse metodes (soos vroeër die Marxisme en deesdae die neokapitalisme of postmodernisme) gebruik gemaak om die samelewing te analiseer. Dit kan 'n belangrike bydraende rede wees vir die ongelukkige feit dat Christene dikwels weinig invloed op die breë samelewing (die sg. openbare terrein) buite hulle persoonlike en kerklike lewe het. Hierdie artikel ondersoek 'n moontlike oplossing deur die volgende stappe: Dit begin met 'n vergelyking tussen die drie basiese samelewingsfilosofieë, naamlik individualisme, kollektivisme en pluralisme. Dit gee daarna 'n sistematiese uiteensetting van 'n Christelik-reformatoriese pluralistiese samelewingsfilosofie as moontlike kandidaat. Om aan te dui dat hierdie samelewingsfilosofie nie 'n statiese dogma of ideologie wil wees of só beskou moet word nie, bevat die volgende afdeling 'n kort oorsig oor enkele kritiekpunte wat deursimpatieke voorstanders geopper word. Die vierde afdeling gee 'n aanduiding van hoe hierdie samelewingsvisie tot samelewings-verandering kan lei. Na die voorafgaande meerteoretiese verkenning, vestig dit die aandag op die praktiese toepasbaarheid. Op hierdie wyse word 'n volledige antwoord (teoreties en prakties) gebied op die belangrike probleem wat aan die begin gestel is, naamlik die geringe impak van Christene op die sogenaamde openbare lewe.

            · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )