SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.43 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    In die Skriflig

    versión On-line ISSN 2305-0853versión impresa ISSN 1018-6441

    Resumen

    RAATH, A.W.G.. God se geskenke aan die mensdom: 'n Regsfilosofiese interpretasie van Luther se standpunte oor eienaarskap en die natuurlike reg op eiendom. In Skriflig (Online) [online]. 2009, vol.43, n.1, pp.45-76. ISSN 2305-0853.

    Die verval van die Middeleeuse politieke en sosiale orde, die verskyning van die nasiestaat en die opkoms van burgerlike regeerders, het die vroeë Reformatore genoodsaak om 'n dui-deliker afbakening tussen die natuurlike reg op private eiendom en die morele voorwaardes wat tot sodanige reg aanleiding gee, te tref in hulle oorweging van die rol van private eiendom in die burgerlike samelewing. Luther se siening dat fundamentele regte die bestaan van morele plig veronderstel en nóú verbind is met die moreel-regskape aard van die eienaar se handelinge, het n aantal belangrike perspektiewe opgelewer wat steeds relevant is vir die huidige debat met betrekking tot die fundamentele regte van individue om eiendom te besit en om die vryheidsfeer wat aan hierdie reg verbonde is, voldoende te beskerm.

            · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )