SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.43 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


In die Skriflig

versión On-line ISSN 2305-0853
versión impresa ISSN 1018-6441

Resumen

PUTTER, A.P.J.; LOTTER, G.A.  y  HATTINGH, W.J.. Voortgesette akademiese ontwikkeling van die AGS-pastoor: Uitdagings in die nuwe millennium. In Skriflig (Online) [online]. 2009, vol.43, n.1, pp.135-158. ISSN 2305-0853.

In hierdie artikel is die teologiese opleiding van die pastoor van die Apostoliese Geloof Sending (hierna die AGS) kursories ondersoek. Kwalitatiewe navorsing wat gedoen is met 'n gedeelte van die breër AGS-lidmate en wat deur die AGS se hoofkantoor geselekteer was, het gewys op die taak en rolverwagtings van die pastoor. Die navorsing het verder getoon dat pastore deurlopend toegerus moet word ten einde suksesvol aan al die rolverwagtings te kan voldoen. Ten einde 'n groter en duideliker beeld van die voortgesette opleiding van pastore te verkry, is 'n literatuurkontrole gedoen. Die literatuurkontrole het aangetoon dat teologiese opleiding wêreldwyd onder die loep kom en dat daar daadwerklik pogings aangewend word om toepaslike effektiewe opleiding in te stel. Die bevindings van die pastoor se teologiese opleiding, navorsingsondersoek en die literatuurkontrole, kan tot sinvolle riglyne vir voortgesette akademiese ontwikkeling bydra. Die doel van hierdie artikel is om aan te toon wat die huidige stand van teologiese opleiding binne die AGS is en om riglyne aan rolspelers te voorsien wat voortgesette akademiese ontwikkeling vir die pastoor behels. Dit sal pastore in staat stel om gemeentegroei te stimuleer en verskillende opleidingsbehoeftes te hanteer.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons