SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.43 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


In die Skriflig

versión On-line ISSN 2305-0853
versión impresa ISSN 1018-6441

Resumen

MAREE, D.  y  JANSE VAN RENSBURG, J.. Pastorale sorg aan gemarginaliseerdes met spesifieke verwysing na kinderhuiskinders. In Skriflig (Online) [online]. 2009, vol.43, n.1, pp.159-184. ISSN 2305-0853.

Die uitgangspunt van hierdie artikel is die stryd van gemarginaliseerdes met spesifieke verwysing na seuns in die kinderhuis. Ondersoek is gedoen na die spesifieke omstandighede waaronder kinders uit hulle ouerhuise verwyder is, hulle geskiedenis, hulle opname en aanpassing in die kinderhuis. Bybelse beginsels vir die versorging van gemarginaliseerde (dus ook kinderhuiskinders) word aangedui terwyl aandag geskenk word aan God se spesiale sorg vir gemarginaliseerdes. Aandag is ook gegee aan die Bybelse mandaat, opdrag en verantwoordelikheid van die kerk om by die lewens en sorg van kinderhuis-kinders betrokke te wees. Gevolgtrekkings wat uit die beskik-bare literatuur gemaak is, is aangevul met 'n beperkte fenome-nologiese waarneming wat deur middel van 'n vraelys gefasiliteer is. Die vraelys is na aanleiding van die probleemstelling en hipoteses geformuleer en die verwagting is geskep dat die gebrek aan betrokkenheid van lidmate en predikante by die lewens van kinders in die kinderhuis sowel as by die kinderhuis se werksaamhede, hiermee blootgelê kan word.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons