SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.43 número2 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


In die Skriflig

versión On-line ISSN 2305-0853
versión impresa ISSN 1018-6441

Resumen

DE WET, F.W.. Die implikasies van 'n pneumatologies-bepaalde teoretiese raamwerk vir navorsingsmetodologie in prakties-teologiese wetenskapsbeoefening. In Skriflig (Online) [online]. 2009, vol.43, n.2, pp.227-250. ISSN 2305-0853.

Prakties-teologiese navorsing werk met 'n unieke invalshoek op die navorsingsterrein van menslike handelinge. Prakties-teologiese navorsing se unieke invalshoek is geleë in die manier waarop dit fokus op die snyvlak tussen goddelike elemente en menslike elemente in die verstaan, verklaar en verandering van die praksis van die geloofslewe. In die eerste deel van die artikel word 'n poging aangewend om 'n pneumatologies bepaalde teoretiese raamwerk vir prakties-teologiese wetenskaplike navorsing te ontwikkel. Hierdie raamwerk bied aan die navorser die geleentheid om op 'n omvattende wyse met sowel die menslike as die goddelike elemente wat in die navorsingsveld opgesluit is, rekening te hou. Hierdie raamwerk voorsien ook kritieke ankerpunte vir wetenskaplike denke sodat navorsingsresultate nie ongekontroleerd in spekulasie en eensydighede verval nie. In die tweede deel van die studie word 'n saak uitgemaak vir 'n intradissiplinêre benadering tot die aansluiting by navorsings-metodologie van die menslike wetenskappe in prakties-teolo-giese navorsing. Die outeur dui aan dat die vertrekpunt in 'n pneumatologies-bepaalde teoretiese raamwerk reoriëntasie en fokusverskuiwings noodsaaklik maak in die manier waarop metodologie aangewend word in die deskriptiewe, hermeneu-ties-strategiese sowel as strategiese fases van 'n prakties-teologiese navorsingsprojek.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons