SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.43 número2 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    In die Skriflig

    versión On-line ISSN 2305-0853versión impresa ISSN 1018-6441

    Resumen

    VAN DER WALT, J.L.. Spiritualiteit: Die nuwe godsdiens van ons tyd?. In Skriflig (Online) [online]. 2009, vol.43, n.2, pp.251-270. ISSN 2305-0853.

    Hoofstroomgodsdienste en hulle inrigtings is sedert die sestigerjare aan die doodbloei as gevolg van die feit dat lidmate hulle verlaat in hulle soeke na meer inspirerende ervarings elders. Christen-opvoedkundiges is diep besorg oor hierdie verskynsel, aangesien dit tot gevolg het dat hierdie kerke die vermoë aan die verloor is om in 'n betekenisvolle opvoedings-vennootskap met die gesin en skool te tree. 'n Beskrywing van die probleem word opgevolg met 'n bondige uiteensetting van spiritualiteit - iets wat sowel binne die Christelike godsdiens as daarbuite ervaar kan word. Die onvermoë van die hoofstroom-kerke om hulle lidmate die ware Christelike spiritualiteit te laat ervaar, dwing die lidmate om elders daarna te gaan soek. Die konklusie word getrek dat spiritualiteit eintlik geen "nuwe" godsdiens is sover dit die Christelike godsdiens aangaan nie. Dit is, om die waarheid te sê, die diepste essensie van die Christelike godsdiens, maar dit is deur die loop van die eeue in die hoofstroomkerke toegegooi onder dik lae dogmatiese en ander oppervlakkighede.

            · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )