SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.43 número3 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


In die Skriflig

versión On-line ISSN 2305-0853
versión impresa ISSN 1018-6441

Resumen

VAN ROOY, H.F.. Psalm 137 en die beryming van wraakpsalms. In Skriflig (Online) [online]. 2009, vol.43, n.3, pp.585-600. ISSN 2305-0853.

In hierdie artikel word sewe berymings van die wraakgedeelte van Psalm 137 bespreek, twee Nederlandse (1773 en 1968), twee Engelse (in die "Psalter hymnal" van die Christian Reformed Church en in "Sing psalms" van die Free Church of Scotland) en drie Afrikaanse weergawes (J.D. du Toit, T.T. Cloete en Lina Spies), om te let op die wyse waarop die problematiese wraakgedeelte weergegee is. Dit word gedoen teen die agtergrond van die bestudering van Psalm 137, en in besonder die wraakgedeelte daarvan. In die literatuur is daar besware teen die beryming van sodanige wraakpsalms vir gebruik in die kerk, maar ook besware teen die weglating of versagting in die weergawes van Cloete en Spies. Dit blyk dat die keuse van melodie, die hoeveelheid strofes wat gebruik word en die indeling van die stof in strofes 'n belangrike rol speel in die bepaling van die meeste weglatings en byvoegings in die berymings. Dit is duidelik dat almal van hulle erns gemaak het met die wraakgedeelte. Uitbreidings en weglatings kan in die meeste gevalle toegeskryf word aan die keuses hierbo genoem, en nie aan doelbewuste veranderings nie. Die weergawe van Spies toon wel een doelbewuste versagting, heel aan die einde van die beryming.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons