SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.44 número2Luther's moral synthesis: Occamism, Christian mysticism and the idea of beingAn ecclesiological model for the ministry of reconciliation in a socio-political context índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


In die Skriflig

versión On-line ISSN 2305-0853
versión impresa ISSN 1018-6441

Resumen

DE WET, F.W  y  KRUGER, F.P.. 'n Prakties-teologiese perspektief op die handeling van kerklike besluitneming: Praktykteorie. In Skriflig (Online) [online]. 2010, vol.44, n.2, pp.405-428. ISSN 2305-0853.

In 'n voorafgaande artikel het die navorsers die problematiese praksis rakende kerklike besluitneming ontvou deur te verwys na 'n gebrekkige verrekening van die manier waarop menslike voorkeure en denkraamwerke (antroponome elemente) besluitnemers, sonder dat hulle altyd daarvan bewus is, kan oorheers in hulle beroep op die leiding deur die Woord en Gees (teonome elemente). In hierdie opvolgartikel word gepoog om veranderingstrategies op praktykteoretiese vlak te besin oor maniere waarop die kompleksiteit van die verhouding tussen Goddelike en menslike elemente (asook die hermeneutiese kompleksiteit wat in Skrifberoep ter sprake kom) in die besluitnemingsproses gevisualiseer kan word. Die doel van die praktykteoretiese merkers sou wees om aan besluitnemers 'n klankbord te gee om te kan onderskei hoe 'n besluit, wat op die oog af teonoom bepaald lyk, tog deur oorheersende antroponome faktore kan radikaliseer in polarisasie. Na die oordeel van die navorsers is die hart van 'n veranderingstrategie waarin gepoog word om disintegrerende gesindhede en standpunte te oorkom, geleë in die versoenende krag van die evangelie van genade in Christus Jesus. Waar mense hulle deur die Gees van Christus laat lei, word besluitneming gewillig onder leiding van die Gees geplaas sonder dat die Skrif misbruik word om die eie standpunt te verabsoluteer of die Skrif te relativeer.

Palabras clave : kerklike besluitneming; praktykteorie (veranderingstrategie); verhouding tussen teonome en antroponome.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons