SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.45 número2-3 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


In die Skriflig

versión On-line ISSN 2305-0853
versión impresa ISSN 1018-6441

Resumen

DECOCK, P.B.. Die teologiese en mistieke benadering van die Skrif in die inleiding tot Origenes se Johannes-kommentaar. In Skriflig (Online) [online]. 2011, vol.45, n.2-3, pp.673-688. ISSN 2305-0853.

Die artikel ondersoek die wyse waarop Origenes die Johannes-evangelie benader soos dit tot uitdrukking kom in die inleiding van sy kommentaar. Hier bespreek hy dieselfde vrae wat gewoonlik in die inleidings tot die werke van Aristoteles of Plato behandel word. Hierdie opvoedkundige bedoeling van die filosofie was die sentrale oorweging vir Origenes in sy kommentaar op die Skrif. Dit gaan nie bloot om ingelig of geskoold te wees nie, maar om te groei en te ontwikkel in wysheid en deugsaamheid, jou tot die Goeie (Plato) te bekeer, of soos Origenes dit beskou het, om liefde vir God te ontwikkel. Origenes beskou die groei in die liefde vir God as bestaande uit drie stappe: eers kom die morele suiwering wat die persoon in staat stel om morele waardes op prys te stel; dan kom die verligting waardeur die persoon God as die allerhoogste en absolute waarde herken; en uiteindelik, die vereniging met God in die liefde wat nie in hierdie lewe ten volle tot vervulling kom nie. Die Nuwe Testament, asook die Ou Testament (verstaan in die lig van die Nuwe Testament), maak die Evangelie "deur 'n spieël in 'n raaisel" bekend, maar die "ewige evangelie" sal in die eschaton tot volle openbaring kom. Die Johannesevangelie is die mees duidelike openbaring van die goddelike Logos, maar 'n mens verstaan die teks as openbaring van die Logos slegs in die mate waarin jy soos Johannes word, wie intiem met die Logos verenig was soos die Logos met die Vader verenig is (Joh. 13:23, 25; 1:18).

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons