SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.47 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


In die Skriflig

versión On-line ISSN 2305-0853
versión impresa ISSN 1018-6441

Resumen

COETZEE, Callie F.C.. Ho eschatos:  Die eskatologiese Christus en die toekoms van die gereformeerde teologie. In Skriflig (Online) [online]. 2013, vol.47, n.1, pp.206-213. ISSN 2305-0853.

Die leer aangaande Christus bring ons by die hart van ons Christelike geloof en so ook by die hart van dogmatiek en teologie in die algemeen. Dit is daarom nie vreemd dat teologiese navorsing dwarsdeur die geskiedenis, en ook vandag, op die Christologie fokus nie. Die probleemstelling van hierdie artikel is dat die tradisionele reformatoriese leer aangaande Christus, en in noue verband daarmee ook die tradisionele leer oor die eskatologie, bedreig word. Die doel van die artikel is om 'n bepaalde aspek van die huidige debat te ondersoek vanuit die Suid-Afrikaanse konteks ten einde te bepaal wat die toekomstaak van 'n reformatoriese teologie moet wees. Die ondersoek word gedoen vanuit die paradigma van die Calvinisties-reformatoriese tradisie. Behalwe vir 'n kort historiese oorsig, word die standpunte van vier Suid-Afrikaanse teoloë, naamlik Spangenberg, Van Aarde, Müller en Bosch aan die orde gestel. Uit hierdie standpunte word die verskil tussen 'n meer belydende, Skriftuurlike benadering en 'n meer kritiese benadering duidelik, veral met betrekking tot die Goddelike natuur en die opstanding van Christus. Die siening van die opstanding van Christus het verreikende implikasies vir die leer van die eskatologie. Die taak van 'n reformatoriese Teologie, in die interim tyd tussen hemelvaart en wederkoms, is om die opgestane, eskatologiese Christus te verkondig en verheerlik.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons