SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.47 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


In die Skriflig

versión On-line ISSN 2305-0853
versión impresa ISSN 1018-6441

Resumen

VORSTER, Schalk W.. Die stryd teen korrupsie - 'n filosofiese benadering. In Skriflig (Online) [online]. 2013, vol.47, n.1, pp.266-272. ISSN 2305-0853.

Korrupsie het verstommende afmetings in Suid-Afrika aangeneem. Die doel van hierdie artikel is om 'n bydrae te lewer tot filosofiese benaderings wat daarop gemik is om korrupsie te bestry. By die oorweging van strawwe vir korrupte dade word die mees algemene benadering gebaseer op die teorie van konsekwensialisme, wat slegs die gevolge van korrupte dade oorweeg. Ideaal-gesproke behoort ook kennis geneem te word van die norme wat ter sprake is, veral dié norme wat die getroue nakoming van pligte vereis. Daar is egter gevind dat die Kantiaanse kategoriese imperatief 'n ideale rasionele gemeenskap veronderstel. Die imperatief moet dus 'versag' word deur, in die lig van Christus se liefdesopdrag, plek te maak vir oorwegings in verband met die korrupte agent se persoonlike omstandighede. Die studie is uitgevoer deur 'n oorsig van die belangrikste standpunte van twee filosofiese teorieë, naamlik utilitarisme ('n variant van konsekwensialisme) en deontologie te gee. Daar is aangevoer dat gekwalifiseerde deontologiese en utilitaristiese benaderings belofte inhou om korrupsie op die langtermyn te beteuel. Die gevolgtrekking was dat die staat dringend aandag moet skenk aan die sosiale konteks deur die inwerkingstelling van 'n proses van 'sosiale vernuwing', gebaseer op die effektiewe toepassing van die wet, die voorsiening van voldoende onderwys en die bestryding van armoede. Daar is ook 'n dringende behoefte aan die 'morele vernuwing' van die bevolking, met die fokus op Christelike waardes, geoperasionaliseer vir die Suid-Afrika van vandag. Hierin lê 'n groot taak vir die kerk.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons