SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.47 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    In die Skriflig

    versión On-line ISSN 2305-0853versión impresa ISSN 1018-6441

    Resumen

    SWART, Alta E.  y  COETZEE, Carel F.C.. Die skrifbeskouing van feministiese teoloe, in die besonder die van Fiorenza, Brenner en Van Dijk-Hemmes - beoordeel in die lig van die gereformeerde teologie. In Skriflig (Online) [online]. 2013, vol.47, n.1, pp.1-9. ISSN 2305-0853.

    Dit wil voorkom asof die feministiese Skrifbeskouing op die beginsel van selektiewe Skrifgesag berus. Dit beteken dat slegs dié dele in die Bybel wat met die feministiese ideologie ooreenstem, as gesaghebbend aanvaar word. Dit is veral die sogenaamde androsentriese taalgebruik wat dit vir aanhangers van hierdie benadering moeilik maak om die hele Skrif as gesaghebbend te erken. Hermeneuties vertoon hierdie benadering groot ooreenkomste met die Postmodernisme, waarin geen vaste reëls bestaan om die betekenis van tekste te bepaal nie. Gesien in die lig van die gereformeerde teologie, soos veranker in die Woord en belydenisskrifte, vertoon die feministiese teologie ernstige leemtes. Die bydraes (Skrifbeskouing) van drie prominente feministiese teoloë - Fiorenza, Brenner en Van Dijk-Hemmes - word onder die loep geneem en teologies-krities geëvalueer ten einde hierdie leemtes uit te wys.

            · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )