Servicios Personalizados
Articulo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares en Google
Compartir
In die Skriflig
versión On-line ISSN 2305-0853
versión impresa ISSN 1018-6441
Resumen
VAN DER WATT, Jan. Kosmos, realiteit en God in die briewe van Johannes. In Skriflig (Online) [online]. 2013, vol.47, n.2, pp.1-9. ISSN 2305-0853.
'n Sentrale vraag wat in die artikel hanteer word, is hoe die realiteit, veral die kosmiese realiteit, in 1 Johannes gesien word; met ander woorde: Wat is die elemente van die Johannese kosmologiese visie wat uit die Johannese briewe na vore tree? Die semantiek van die woord κόσµος word eerstens ondersoek, waarna konsepte wat aan die kosmiese visie van Johannes verwant is, aandag kry. Dit word gevolg deur 'n analise van die teenwoordigheid van apokaliptiese elemente wat deel uitmaak van die Johannese siening van realiteit.