SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.48 número2 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


In die Skriflig

versión On-line ISSN 2305-0853
versión impresa ISSN 1018-6441

Resumen

VAN ROOY, Jacoba H.. Kerkliedere met 'n lae gebruiksfrekwensie: Speel die melodie 'n rol?. In Skriflig (Online) [online]. 2014, vol.48, n.2, pp.01-10. ISSN 2305-0853.

Enige kerklike liedboek bevat liedere wat dikwels tydens eredienste gesing word en liedere wat min of nooit gesing word nie. Hierdie toedrag van sake kan aan 'n verskeidenheid faktore toegeskryf word. In sommige gevalle mag die inhoud van 'n lied dalk liturgies nie maklik bruikbaar wees nie. Daar is egter gevalle waar die inhoud liturgies bruikbaar is, maar waar die liedere steeds nie dikwels in die liturgie gebruik word nie. Ook hiervoor kan daar verskillende redes wees. Soms word die melodieë van die liedere as die rede aangevoer waarom dit weinig gesing word. Hierdie artikel ondersoek die aangeleentheid met verwysing na 'n aantal liedere wat min gebruik word volgens die bevindings van 'n empiriese ondersoek na die gebruik van liedere in die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA). Die artikel gee aandag aan die vereistes vir en die funksie van kerkliedere as agtergrond vir die beoordeling van 'n aantal liedere. Die resultate van die empiriese ondersoek is vir die keuse van die melodieë gebruik wat in hierdie artikel bespreek word. Die melodieë van die betrokke vyf liedere word bespreek en geëvalueer om te bepaal of dit moontlik 'n rol kan speel in die lae gebruiksfrekwensie daarvan. Die artikel toon aan dat die melodie wel 'n belangrike aanduider in die lae gebruiksfrekwensie van die liedere is.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons