SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 número2 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    In die Skriflig

    versión On-line ISSN 2305-0853versión impresa ISSN 1018-6441

    Resumen

    JOUBERT, Stephan J.. 'Om jou praat te loop': Paulus se outoriteit aan die beweeg in 2 Korintiërs 10-13. In Skriflig (Online) [online]. 2015, vol.49, n.2, pp.1-7. ISSN 2305-0853.  https://doi.org/10.4102/IDS.V49I2.1899.

    Individue se liggaamstaal of incessus was 'n prominente visuele aanduiding van morele karakter en status binne antieke Grieks-Romeinse gemeenskappe. Adelikes, aristokrate en slawe het almal op verskillende maniere geloop. In die lig van hierdie algemene kennis het Paulus se opponente in 2 Korintiërs 10-13 hom in die publiek verneder vanweë sy onvermoë om die 'leierskaploop' te doen tussen die Korintiërs. Terwyl Paulus enersyds in gesprek tree met hierdie stereotipe idees, dekonstrueer hy dit in dieselfde asem ten opsigte van die dieptestruktuur van die teks. 'n Nuwe vorm van geestelike outoriteit, wat ook in die swakheid van Christus aan die kruis geleë is, kom na vore in Paulus se eie liggaamlike vernederings en oënskynlike kragteloosheid.

            · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )