SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.25 número2 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    Acta Structilia

    versión On-line ISSN 2415-0487versión impresa ISSN 1023-0564

    Resumen

    RAMDAV, Tashmika  y  HARINARAIN, Nishani. The use and benefits of Quick Response Codes for construction materials in South Africa. Acta structilia (Online) [online]. 2018, vol.25, n.2, pp.94-117. ISSN 2415-0487.  https://doi.org/10.18820/24150487/as25i2.4.

    Hierdie artikel ondersoek die gebruik en moontlike voordele van vinnige reaksie kodes (QR-kodes) op konstruksiemateriaal in 'n poging om te verseker dat die konstruksiebedryf steeds meer tegnologies gevorderd word. Die kwalitatiewe navorsingstudie het van onderhoude en gevallestudies gebruik gemaak. Dertig konstruksiemateriaalverskaffers in die Durban-streek is doelbewus gekies en onderhoude is met hulle gevoer deur middel van 'n semi-gestruktureerde onderhoudskedule. Vyf gevallestudies is ewekansig uit die Durban-streek geneem waar QR-kodes vir geselekteerde materiaalmonsters geïmplementeer is. Kennis, ervaring en die impak van QR-kodes op konstruksiemateriaal is ondersoek. Die hoofbevinding van die ondersoek was dat meeste van die deelnemers ten gunste is van die gebruik van QR-kodering, alhoewel QR-kodes tans nie wyd vir konstruksiemateriaal in Suid-Afrika gebruik word nie. Deelnemers wat wel QR-kodes op produkte gebruik, het slegs positiewe terugvoer gegee. Die bevindings het die geleentheid gebied om die konstruksiemateriaalsektor te verbeter deur QR-kodes bekend te stel en te implementeer as tegnologiese vooruitgang in die konstruksiebedryf.

    Palabras clave : Konstruksiemateriaal; konstruksiebedryf; vinnige reaksie kodes.

            · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )