SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.27 número1Risk assessment for hazard exposure and its consequences on housing construction sites in Lagos, NigeriaAn assessment of the causes of schedule and cost overruns in South African megaprojects: A case of the critical energy sector projects of Medupi and Kusile índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Acta Structilia

versión On-line ISSN 2415-0487
versión impresa ISSN 1023-0564

Resumen

YOUNG, Graham  y  VOSLOO, Piet. Isivivane, Freedom Park: A critical analysis of the relationship between commemoration, meaning and landscape design in post-apartheid South Africa. Acta structilia (Online) [online]. 2020, vol.27, n.1, pp.85-118. ISSN 2415-0487.  http://dx.doi.org/10.18820/24150487/as27i1.4.

Met die aanvang van demokrasie in 1994, het die volk gestreef na 'n nuwe identiteit en vir baie moes dit 'n identiteit wees gebaseer op hul Afrika-kultuur en -tradisies. Politici het ook maniere gesoek om die te herdenk wat hul lewens tydens konflikte in die aanloop tot die eerste demokratiese verkiesings, waarna die ANC aan bewind gekom het, verloor het. In die strewe om dit te bereik, het die Departement van Kuns en Kultuur verskeie nalatenskap- en erfenisprojekte geïnisieer, insluitend die Isivivane, 'n gedenkteken by Freedom Park in die Stad Tshwane. Die doel van hierdie artikel is om die effektiwiteit van landskapontwerp te bepaal om die bedoeling en betekenis van sulke herdenkingsplekke in 'n multikulturele, post-apartheid Suid-Afrikaanse samelewing oor te dra. In die artikel word die Isivivane aangebied as 'n gevallestudie en 'n empiriese data-opname is gebruik om die besoekers se ervarings en persepsies van Isivivane te bepaal. Gebaseer op die bevindings van die studie bestaande uit 'n kwantitatiewe vraelys, ondersteun deur teorieë gewortel in fenomenologiese vertolking en landskapnarratiewe, bevestig die artikel dat mense se ervaring en persepsie van die Isivivane beïnvloed word deur die ontwerp en kenmerke van die landskap en dat laasgenoemde betekenisvol is by die ontlokking van 'n reaksie wat besoekers met die plek laat identifiseer en individuele en kollektiewe betekenis daaraan laat toeken. Die argument word ondersteun deur huidige teorieë oor herdenking en betekenis wat afgelei kan word deur landskapontwerp. Die implikasies van die studie is nuttig en kan moontlik deure oopmaak vir verdere studies wat dieper delf in 'n begrip van die bydrae wat landskapontwerp lewer in die konseptualisering van herdenkingsplekke in 'n pluralistiese en politiesgelaaide Suid-Afrika.

Palabras clave : Isivivane; Landskapontwerp; gedenktekens; herdenking; postapartheid Suid-Afrika; Isivivane.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons