SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.72 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Town and Regional Planning

versión On-line ISSN 2415-0495
versión impresa ISSN 1012-280X

Resumen

GEYER, Herman; NGIDI, Mawande  y  MANS, Gerbrand. Dra maatskaplike toelaes by tot die werklose bevolkingsgroei in die voormalige Suid-Afrikaanse tuislande?. Town reg. plan. (Online) [online]. 2018, vol.72, pp.58-69. ISSN 2415-0495.  http://dx.doi.org/10.18820/2415-0495/trp72i1.5.

Die voormalige tuislande en stamowerhede het groot bevolkings en hoë digthede met lae vlakke van ekonomiese aktiwiteit en lae indiensneming. Bevolkingsgroei in hierdie nedersettings is in teenstelling met verwagtinge van bevolkingsdalings as gevolg van stedelike migrasie. 'n Moontlike rede kan die hoë vlak van afhanklikheid op sosiale toelaes in die voormalige tuislande wees. Die artikel analiseer bevolkings-groeikoerse, ekonomiese groeikoerse en die persentasie maatskaplike toelaag-ontvangers in voormalige tuislandnedersettings tussen 1996 en 2011. Deur gebruik te maak van geweegde meervoudige regressietoetse, bepaal die artikel of die verskynsel van bevolkingsgroei, in die afwesigheid van beduidende ekonomiese aktiwiteit, gekoppel is aan welsynsoordragte. Die resultate dui daarop dat bevolkingsgroei die produk is van die toename in ouderdomsgroepe wat kwalifiseer vir maatskaplike toelaes in landelike gebiede, as gevolg van hoë geboortekoerse en pensioenarisbevolkingsin-migrasie uit stedelike gebiede. In teenstelling hiermee toon ander ouderdomsgroepe bevolkingsafnames.

Palabras clave : Bevolking; maatskaplike welsyn; stamowerhede; verstedeliking; voormalige tuislande.

        · resumen en Inglés | Otros     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons