SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.72 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Town and Regional Planning

versión On-line ISSN 2415-0495
versión impresa ISSN 1012-280X

Resumen

SIHLONGONYANE, Mfaniseni Fana. Die skepping van bevoegdhede en standaarde vir beplanning in Suid-Afrika: Verskillende opinies. Town reg. plan. (Online) [online]. 2018, vol.72, pp.70-83. ISSN 2415-0495.  http://dx.doi.org/10.18820/2415-0495/trp72i1.6.

Sedert die ontstaan van beplanning in Suid-Afrika twee en vyftig jaar gelede, het die statutêre liggame wat die professie bestuur, nie die bevoegdhede en standaarde gestel om 'n raamwerk vir kurrikulumontwikkeling, die akkreditering van skole, en die registrasie van beplanners en hul professionele praktyk te skep nie. In 2010 het die Suid-Afrikaanse Raad vir Beplanners, 'n statutêre liggaam wat verantwoordelik is vir die regulering en gehalteversekering van die beplanningsprofessie, 'n proses voorgestel om vaardighede en standaarde te genereer om die vele uitdagings wat ontstaan het as gevolg van die gebrek aan 'n raamwerk, aan te spreek. Die skep van 'n stel vaardighede en standaarde het baie debat in die gange van hoër onderwys en tussen die Raad en ander verwante professionele liggame in die beboude omgewing gestimuleer. Hierdie artikel verduidelik eerstens die motiverende faktore vir die inisiëring van die Bevoegdhede en Standaarde-proses. Tweedens, vertel dit die geskiedenis van hierdie proses. Derdens word die debatbare kwessies wat gedurende die proses tydens die verskillende interaktiewe werkswinkels geopper is, weergegee. Ten slotte identifiseer dit die prestasies van die proses. Die argument in die artikel is dat die Bevoegdhede en Standaarde-proses 'n belangrike stap in die rigting van kurrikulumhervorming is, maar meer betrokkenheid sal nodig wees om transformasie in die beplanningsprofessie te fasiliteer.

Palabras clave : Beplanningsonderwys en transformasie; vaardighede en standaarde; professionele beplanningsontwikkeling; SACPLAN.

        · resumen en Inglés | Otros     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons