SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.73 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Town and Regional Planning

versión On-line ISSN 2415-0495
versión impresa ISSN 1012-280X

Resumen

SCHOULUND, Dario  y  LANDMAN, Karina. Toevallige goeie openbare ruimtes en die rol van stedelike ontwerp in Suid-Afrika. Town reg. plan. (Online) [online]. 2018, vol.73, pp.1-14. ISSN 2415-0495.  http://dx.doi.org/10.18820/2415-0495/trp73.1.

Stedelike Ontwerp in Suid-Afrika as 'n formele beroep het 'n relatiewe kort geskiedenis. In die praktyk was daar egter baie voorbeelde van wat beskou word as beide goeie en slegte stedelike ontwerp. Daar was ook al talle debatte by universiteite en konferensies oor wat stedelike ontwerp moet wees. Nietemin, by die voortdurende vervaardiging en herbou van stedelike en landelike ruimtes is Stedelike Ontwerp egter vaag en swak verteenwoordig. Hierdie artikel ondersoek die redelik lae profiel van stedelike ontwerp in die land en die rede hoekom dit nie groei of beter geposisioneer is in vergelyking met ander lande nie. Dit word gedoen deur 'n bespreking van drie gevallestudies wat die dikwels toevallige maak van goeie openbare ruimtes illustreer in teenstelling met die deeglik beplande benadering. Die artikel argumenteer dat spontane projekte van hoë gehalte, eerder as oorbeplande projekte gebaseer op 'n beheptheid om te rasionaliseer, dikwels 'n groter potensiaal het om die rol en waarde van stedelike ontwerp te versterk. So 'n benadering sal eerder fokus op inkrementele, buigsame en sensitiewe voorstelle en intervensies waar spontaneiteit en aanpassing erken en gevier word, asook die idee dat stedelike ontwerp 'n raamwerk moet vorm vir baie rolspelers om saam te werk om die stad te vorm.

Palabras clave : Bou-omgewing; toevallige openbare ruimte; Suid-Afrika; stedelike ontwerp.

        · resumen en Inglés | Otros     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons