SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.73 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Town and Regional Planning

versión On-line ISSN 2415-0495
versión impresa ISSN 1012-280X

Resumen

VIVIERS, Jako. Klein idees vir groot impak: multifunksionaliteit in die plattelandse dorpie Verkykerskop. Town reg. plan. (Online) [online]. 2018, vol.73, pp.15-34. ISSN 2415-0495.  http://dx.doi.org/10.18820/2415-0495/trp73.2.

Nijkamp benadruk die utopiese aanspraak dat die toekoms oop en buigsaam is, waar ontwikkeling verrassende treë tot "iets beter" kan impliseer. Castell bevraagteken vermanend of beplanningsbenaderings kan verander in 'n wêreld wat reeds verander het. In Davidoff se siening dat die lewe in die stad gestalte kan vind in ' pragtige, opwindende en kreatiewe milieu, vind beplanners "verrassende treë" in die konsepte van kompakte stede, nuwe urbanisme, slim-groei, groen urbanisme, en dies meer. In reaksie op Castell se "multidimensionele verandering in die ruimtelike dimensie", word die verbeelding van beplanners aangegryp en ge-oriënteer na 'n multifunksionele beskouing van beplanning. Hierdie artikel voer aan dat die kombinering van die beplanningsbenaderings van nuwe urbanisme, "nuwe landelikheid" en groen urbanisme 'n moontlike antwoord vir multifunksionaliteit kan wees, veral aangesien mega-tendense benadruk dat daar wegbeweeg behoort te word van die soeke na ' voorspelbare en enkelvoudige uitkoms. Die artikel besin of die wedersydse toepassing van die drie beplanningsbenaderings moontlik multifunksionele landelike landskappe tot gevolg kan hê. Die uniekheid van die inherent landelike Suid-Afrikaanse landskap noodsaak ook 'n landelike fokus in hierdie artikel. Daar word bevraagteken of die wedersydse toepassing van die drie beplanningsbenaderings in die onlangs beplande landelike dorpie van Verkykerskop, wat in 2012 'n toekenning van die Charter for New Urbanism ontvang het, ' multifunksionele landelike grondgebruik in die hand werk.

Palabras clave : Groen urbanisme; landelike omgewings; multifunksionaliteit; nuwe urbanisme; nuwe landelikheid; stedelike ontwerp.

        · resumen en Inglés | Otros     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons