SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.74 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Town and Regional Planning

versión On-line ISSN 2415-0495
versión impresa ISSN 1012-280X

Resumen

DENOON-STEVENS, Stuart  y  MOCWAGAE, Kgosi. Die potensiaal van die universiteit van die vrystaat qwaqwa-kampus om die groei van die QwaQwa ekonomie aan te help. Town reg. plan. (Online) [online]. 2019, vol.74, pp.1-11. ISSN 2415-0495.  http://dx.doi.org/10.18820/2415-0495/trp74i1.1.

Hierdie studie ondersoek hoe universiteite tot die ekonomie van hul omliggende areas kan bydra, spesifiek die Universiteit van die Vrystaat se QwaQwa-kampus. Die kwessie is benader deur die analise van die plaaslike ekonomie van die QwaQwa-kampus, die ruimtelike analise van die kampus, asook onderhoude met plaaslike besigheidsbestuurders. Die het tot drie gevolgtrekkings gelei. Eerstens, die artikel toon hoe analise van die plaaslike ekonomie kan help om die universiteit se aanbiedinge met die dinamika van die omliggende area te vereenselwig. Meer klem moet veral op landbou en handelskursusse gelê word. Tweedens, is daar gevind dat die verhuring van die vakante land op kampus vir universiteits-onverbonde funksies kan bydra tot die verbetering en ontwikkeling van QwaQwa. Voorbeelde van ontwikkelings is middelinkomste behuising of 'n lae- tot middelfooi private skool. Derdens, deur onderhoude met plaaslike besigheidseienaars, is daar geleenthede gel'dentifiseer vir verdere samewerking met die Universiteit. Dit sluit in die voorsiening van opleiding, verspreiding van navorsing, verhoogde verkope aan die Universiteit, en die stigting van plaaslike besighede op die kampus self. Die gevolgtrekkings toon dat 'n betrokke universiteit een is wat bewus is van, en kan reageer op die benodighede van sy omliggende gemeenskap.

Palabras clave : Derde missie; entrepre-neurskap; hoër onderwys; plaaslike ekonomiese ontwikkeling.

        · resumen en Inglés | Otros     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons