SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.74 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Town and Regional Planning

versión On-line ISSN 2415-0495
versión impresa ISSN 1012-280X

Resumen

LATEGAN, Louis  y  CILLIERS, Juaneé. Informele nedersettings en agterplaasverhurings deur 'n sosiale volhoubaarheidslens - 'n gevallestudie in Oudtshoorn, Suid-Afrika. Town reg. plan. (Online) [online]. 2019, vol.74, pp.64-78. ISSN 2415-0495.  http://dx.doi.org/10.18820/2415-0495/trp74i1.6.

Sosiale volhoubaarheid is 'n beduidende navorsingsveld in post-apartheid Suid-Afrika gegewe die uitdagings en ongelykhede wat veral in stedelike gebiede in die gesig gestaar word waar miljoene in informele nedersettings en informele agterplaasverhurings gehuisves word. Hierdie artikel ondersoek die informele agterplaasverhurings verskynsel in Suid-Afrika deur 'n sosiale volhoubaarheidslens gefokus op 'n gevallestudie in Bridgton en Bongolethu, Oudtshoorn. Kwalitatiewe en kwantitatiewe navorsingsbevindinge dui op verskeie eienskappe ter ondersteuning van sosiale volhoubaarheid, gerugsteun deur familiële verbintenisse tussen verhuurders en hul agterplaashuurders. Die artikel onthul ook sekere uitdagings tot sosiale volhoubaarheid wat deur agterplaasverhuring teweeg gebring word, hoofsaaklik toegeskryf aan die kwaliteit van strukture en ander sosiale kwelpunte. In die geheel, verskaf die artikel ' gekontekstualiseerde blik op sosiale volhoubaarheid en die informele agterplaasverhuringsektor en bied aan owerhede en ander besluitnemers 'n meer genuanseerde begrip van die kompleksiteit en potensiaal wat die sektor in kleiner dorpe en die res van Suid-Afrika inhou.

Palabras clave : Sosiale volhoubaarheid; lae-inkomste behuising; informele agterplaasverhuring.

        · resumen en Inglés | Otros     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons