SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.76Capturing a community's vision as a pattern language: Case study of the Mooiplaas community in Great Kei Municipality, South AfricaA multisensory approach to measure public space quality in the city of Bulawayo, Zimbabwe índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Town and Regional Planning

versión On-line ISSN 2415-0495
versión impresa ISSN 1012-280X

Resumen

VENTER, Tersia. Bruinveldontwikkeling is die nuwe groen vir volhoubare herontwikkeling van mynhope. Town reg. plan. (Online) [online]. 2020, vol.76, pp.42-55. ISSN 2415-0495.  http://dx.doi.org/10.18820/2415-0495/trp76i1.4.

Verstedeliking teen 'n hoë tempo, industrialisasie en globalisasie het 'n erfenis van verlate en onbenutbare mynhope in die Suid-Afrikaanse provinsie, Gauteng, geskep. Dit word gesien as 'n omgewingsprobleem eerder as 'n ontwikkelingsgeleentheid vir effektiewe volhoubare ontwikkeling. Die studie behels 'n stelselmatige ontleding van groenveld- en bruinveldontwikkelingseienskappe, wat geëvalueer is in terme van teikens vir volhoubare ontwikkeling, ten einde te bepaal watter ontwikkelingskategorie die beste bydra tot volhoubare ontwikkeling. 'n Kwalitatiewe navorsingsmetode is toegepas deur gebruik te maak van 'n kombinasie van onderhoude, gevallestudies en literatuurstudies. Gebaseer op inhoudsanalise en kodering, bevestig die tematiese ontledingsresultate dat die langtermyn-volhoubaarheidsvoordele van bruinveldontwikkelings meer voordelig is as die korttermyn finansiële winste van groenveldontwikkelings. Aanbevelings, insluitende die vestiging van vennootskappe en befondsingsmodelle, die identifisering en definiëring van ontwikkelingstrategieë vir bruinveldsterreine, asook die implementering en toepassing van wetgewing, kan bydra tot die verwesenliking van volhoubare, aanpasbare, veilige en inklusiewe nedersettings op leë mynhope.

Palabras clave : Bruinveld; globalisasie; klimaatsverandering; stadspreiding; verstedeliking; volhoubare ontwikkeling; volhoubare onwikkelingsteikens.

        · resumen en Inglés | Otros     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons