SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.76A multisensory approach to measure public space quality in the city of Bulawayo, ZimbabweReimagining collaboration in urban planning through a social practice lens: Towards a conceptual framework índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Town and Regional Planning

versión On-line ISSN 2415-0495
versión impresa ISSN 1012-280X

Resumen

SHAFIEE-MASULEH, Seyedeh-Samira; MASOULEH, Seyed Reza Shafiee  y  BORUJENI, Marzieh Rastad. 'N toekomsstudie van die dryfkragte in buurtgebaseerde bestuur met behulp van goeie stedelike bestuur: Die geval van Streek 2 in Tabriz, Iran. Town reg. plan. (Online) [online]. 2020, vol.76, pp.72-85. ISSN 2415-0495.  http://dx.doi.org/10.18820/2415-0495/trp76i1.6.

Hierdie artikel ondersoek die gebruik van toekomsstudies om die implementering van 'n nuwe benadering tot buurtgebaseerde bestuur te voorspel, met die nadruk op goeie stedelike bestuurskomponente in die beplanning en bestuur van die Tabriz-metropool, Iran. 'n Kwalitatiewe benadering, met die Delphi-tegniek, wat uit twee rondtes bestaan, is gebruik om die aanvanklike en sleutelfaktore wat die verwesenliking van buurtgebaseerde bestuur beïnvloed, te identifiseer. Met behulp van vraelyste, in Rondte 1, het die deelnemers een vraag beantwoord oor wat hulle voorspel die sleutelfaktore vir goeie stedelike bestuur is, en in Rondte 2 het hulle die 48 geïdentifiseerde aanvanklike faktore uit Rondte 1 in 'n matriks op 'n 4-punt Likert-skaal geweeg om die invloed op elke faktor te bepaal. Kruis-impakanalise van die invloeddata is onttrek deur MICMAC-sagteware en die resultate het 17 dryfkragte getoon (agt in verantwoordbaarheid, vyf in ekwiteit, twee in deursigtigheid en een in deelname) wat die verwesenliking van goeie buurtgebaseerde bestuur in die beplanning en bestuur van die Tabriz-metropool sal voorspel. Die bevindinge het getoon dat toekomsstudies as 'n nuwe benadering gebruik kan word om die dryfkragte vir goeie stedelike bestuur akkuraat te identifiseer met die realistiese gebruik van die vermoëns van die gemeenskap.

Palabras clave : Kruis-impakanalise; Delphi-tegniek; futures studies; goeie stedelike bestuur; Iran; buurtgebaseerde bestuur; strukturele analise.

        · resumen en Inglés | Otros     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons