SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.78Perceptions on corruption and compliance in the administration of town planning laws: The experience from Lagos Metropolitan Area, Nigeria índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Town and Regional Planning

versión On-line ISSN 2415-0495
versión impresa ISSN 1012-280X

Resumen

ADENIRAN, Adeleye Ayoade; MBANGA, Sijekula  y  BOTHA, Brink. 'N raamwerk vir die bestuur van menslike nedersettings: Nigerië en Suid-afrika. Town reg. plan. (Online) [online]. 2021, vol.78, pp.1-15. ISSN 2415-0495.  http://dx.doi.org/10.18820/2415-0495/trp78i1.1.

Sedert 1965 het die Verenigde Nasies die belangrike rol van bestuur van menslike nedersettings in die skep van 'n volhoubare lewensomgewing beklemtoon en verklaar dat die bou van huise alleen nie die gewenste verandering meebring nie, aangesien dit nie die lewensomstandighede van beide lae- en middelinkomste huishoudings verbeter nie (Verenigde Nasies, 1969: vi). Die verswakking van menslike nedersettings, veral in ontwikkelende lande, is egter steeds 'n wêreldwye uitdaging ondanks verskeie nuwe beleide en programme. Hierdie artikel rapporteer die resultate van 'n studie wat gedoen is om 'n raamwerk voor te stel wat kan help met die bestuur van menslike nedersettings in Nigerië en Suid-Afrika. Met die tekort aan literatuur oor die bestuur van menslike nedersettings, is 'n literatuuroorsig oor eiendoms-, fasiliteits-, behuisings-en stedelike bestuur gedoen om 'n kwantitatiewe vraelys te ontwikkel vir die identifisering van faktore wat die bestuur van menslike nedersettings beïnvloed, soos gesien deur belanghebbendes in die private of openbare sektor bestuur van menslike nedersettings. Twee konstrukte (bestuur [10 faktore met 51 metings] en volhoubare bestuur [5 faktore met 25 metings]), gemeet op 'n 5-punt Likert-skaal, toets en beoordeel die invloed van elke faktor op die bestuur van menslike nedersettings. Op grond van die bevindings vorm wetlike, politieke/beleids-, sosio-ekonomiese, organisatoriese, fisieke, menslike hulpbron-, tegnologiese, omgewings-, en etiese/morele faktore die basis van die voorgestelde raamwerk. Die voorgestelde raamwerk kan bestuurders van menslike nedersettings help in hul rol om menslike nedersettings volhoubaar te bestuur.

Palabras clave : Bestuur en instandhouding; bestuur van menslike nedersettings; menslike nedersettings; Nigerië; Suid-Afrika.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons