SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.80Reimagining collaboration in urban planning through a social practice lens: Towards a conceptual framework índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Town and Regional Planning

versión On-line ISSN 2415-0495
versión impresa ISSN 1012-280X

Resumen

KABUNDU, Emmanuel; MBANGA, Sijekula; MAKASA, Paul  y  NGEMA, Noxolo. User-acceptance of sanitation technologies in South Africa and MalawiGebruikersaanvaarding van sanitasietegnologie in Suid-Afrika en Malawi. Town reg. plan. (Online) [online]. 2022, vol.80, pp.88-104. ISSN 2415-0495.  http://dx.doi.org/10.18820/2415-0495/trptrp80i1.9.

Daar is 'n groot behoefte aan die beplanning en implementering van sanitasietegnologieë (ST'e) om die gebruikeraanvaardingsfaktor in ag te neem en dus hulpbronvermorsing te beperk. Hierdie artikel bepaal of die patroon van relatiewe belangrikheid van die faktore wat sanitasietegnologie-gebruikersaanvaarding (STUA) beïnvloed, soortgelyk is oor studiegebiede in Suid-Afrika en Malawi met betrekking tot die ontplooiing van ST'e. Inligting uit die studie is veral krities vir hulpbronbewaring, in ag genome die onlangse relatief swak prestasie van die Suid-Afrikaanse ekonomie ('n 7% vermindering) in 2020. Lessenaarnavorsingsmetodes, met behulp van data van vorige studies, is gebruik om 'n analise uit te voer van die belangrikheid van die onderliggende faktore wat STUA beïnvloed. Dit is gebaseer op 'n sistematiese literatuuroorsig wat 'n gestruktureerde protokol gebruik, tesame met die sneeubalbenadering. Die metodologie wat deur die Waternavorsingskommissie (WNR) onder die sanitasie-geskiktheidsindeks voorgestel is, is gebruik om die sanitasietegnologie-vergelykings uit te voer. Hierdie artikel voeg waarde toe tot vorige navorsing deurdat dit, anders as vorige navorsingstudies, verskeie relevante nagevorsde tegnologieë oorweeg om vas te stel of daar soortgelyke patrone van relatiewe betekenis van faktore bestaan wat STUA beïnvloed. Betroubaarheid, gesondheid, gebruikers- en tegniese aanvaarbaarheid was die oorheersende beïnvloeders van STUA. Onderwys, opleiding en tegniese ondersteuning is nodig gedurende die lewensiklus van die sanitasieprojek.

Palabras clave : Betroubaarheid; gebruikersaanvaarding; sanitasie; sanitasie-indeks; sanitasietegnologieë; tegniese aanvaarding; VBN-model.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons