SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.53 número2 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Historia

versão On-line ISSN 2309-8392
versão impressa ISSN 0018-229X

Resumo

VAN DER MERWE, D.M.. "Taal op Tuks": 'n herwaardering van die Verandering in Taalbeleid aan die Universiteit van Pretoria, 1932. Historia [online]. 2008, vol.53, n.2, pp.151-181. ISSN 2309-8392.

Hierdie artikel poog om die waarde, sowel as die moontlike slaggate van die gebruik van amptelike institusionele geskiedenisse in historiese navorsing te ondersoek en in die besonder te kyk hoe 'n spesifieke skool van geskiedskrywing die interpretasie van gebeure in die verlede kan beïnvloed. Hierdie artikel fokus op die gebeure rondom die verandering van die taalbeleid van die Universiteit van Pretoria (UP) van 'n dubbelmedium na 'n enkelmedium Afrikaanse beleid. Die uiteensetting van die taalkwessie soos weergegee in die amptelike gedenkbundel van die universiteit, Ad Destinatum 1910-1960, word met inligting uit ander bronne, insluitend Afrikaanse en Engelse koerantberigte, notules van vergaderings van universiteitsliggame, mondelinge en geskrewe getuienis van voormalige studente en reeds gepubliseerde artikels oor die taalvraagstuk by Suid-Afrikaanse universiteite vergelyk. Die rol van leiersfigure in die taalkwessie word ook ondersoek.

Palavras-chave : Ad Destinatum; Afrikaanse taal; Afrikaans; Afrikaanse universiteite; Afrikaner historiografie; Afrikaner Nasionalisme; Afrikaner Rebellie (1914-1915); Anglisasiebeleid in onderwys; Anglo-Boereoorlog (1899-1902); "breë Suid-Afrikanisme"; Britse Imperialisme; dubbelmedium onderrig; Eerste Wêreldoorlog (1914-1918); institusionele geskiedenis; taalvraagstuk; tersiêre onderwys; Transvaal(se) Universiteits-kollege (TUK); tweetaligheid; Universiteit van Pretoria (UP); universiteitsgeskiedenis; Voortrekker Universiteit.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons