SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.56 número2From trusteeship to self-determination: L.J. du Plessis' thinking on apartheid and his conflict with H.F. VerwoerdKlaas Koen: identity and belonging in the Berlin Mission Society during the late nineteenth century índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Historia

versão On-line ISSN 2309-8392
versão impressa ISSN 0018-229X

Resumo

MERWE, Barend van der  e  OELOFSE, Marietjie. Teologiese twis rondom sinodale koersveranderinge in die Nederduitse Gereformeerde Kerk, 1982-1990. Historia [online]. 2011, vol.56, n.2, pp.154-168. ISSN 2309-8392.

OPSOMMING Tydens die algemene sinode van 1986 van die Nederduitse Gereformeerde Kerk (NGK) het dié kerk belangrike besluite in verband met Suid-Afrika se rassebeleid geneem. Alhoewel die sinode nie die beleid van apartheid in beginsel verwerp het nie, het sommige van die besluite wat geneem is, skokgolwe deur die kerk gestuur. Verskeie lidmate van die NGK is onkant betrap deur die sinode se aanvaarding van die beleidsdokument Kerk en Samelewing (KES), wat enige teologiese regverdiging van die apartheidsbeleid verwerp het en verklaar het dat die NGK niemand op grond van kulturele agtergrond en velkleur die deur kan wys nie. Die regering se toepassing van die beleid van apartheid was ook onder skoot, spesifiek waar die apartheidsbeleid tot menseregteskendings gelei het. Die ontstaan van die Afrikaanse Protestantse Kerk (APK) was 'n uitvloeisel van die NGK se sinode van 1986, maar daar was ook verdere verdelings binne die kerk vanweë die feit dat heelwat van die oorblywende NGK-lidmate steeds die beleid van apartheid gesteun het. Die artikel argumenteer dat die belangrikheid van die sinodale besluite nie met betrekking tot die ontstaan van die "nuwe Suid-Afrika" oor- of onderskat moet word nie.

Palavras-chave : Afrikaanse Protestantse Kerk (APK); algemene sinode (AS); Andries Treurnicht; apartheid; Carel Boshoff; Cottesloe-beraad; Geloof en Protes; Kerk en Samelewing (KES); Konserwatiewe Party (KP); Nasionale Party (NP); Nederduitse Gereformeerde Kerk (NGK); NG Bond; NG-kerkfamilie; Ras, Volk en Nasie en Volkereverhoudinge in die lig van die Skrif; sinodale besluite.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons