SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.57 número1The Dorsland Treks to Angola (1974-1928) and the reasons behind themThe fork in the road? British reactions to the election of an apartheid government in South Africa, May 1948 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Historia

versão On-line ISSN 2309-8392
versão impressa ISSN 0018-229X

Resumo

MUSIIWA, Estella. Frances Baard en Helen Joseph se stryd teen apartheid, 1950-1963: 'n Vergelykende analise. Historia [online]. 2012, vol.57, n.1, pp.66-81. ISSN 2309-8392.

Die persoonlike narratiewe van vroue vorm die kern van historiese ondersoek in vroue geskiedenis. Dit is die geval ondanks die feit dat die kategorie "vroue" gekontesteer en geherdefineer is op verskillende vlakke in verskillende kulture. Die artikel gee 'n algemene oorsig van die moontlikhede en probleme van autobiografeë en lewensgeskiedenisse as 'n metodologie by die skryf van vergelykende politieke geskiedenis van vroue. Hier word geargumenteer dat die verskille in die "ek" waarvan daar gepraat word as 'n retroperspektiewe produk van lewensgeskiedenisse, en die "ek" wat namens die self praat as 'n retroperspektiewe kumulatiewe ondervidning in autobiografeë 'n invloed het op die tipe kennis wat skrywers produseer in vergelykende politieke geskiedenisse van vroue. Dit is noodsaaklik om kennis te neem van die feit dat alhoewel dit moontlik is om die grense te versag en vergelykings te tref rakende die ervaringe van vroue, die aard van die kennis wat geproduseer word deur die gebruik van verskillende persoonlike narratiewe 'n invloed het op die vlak waar sulke ooreenstemmende ervaringe plaasvind.

Palavras-chave : lewensgeskiedenisse; autobiografieë; gender; vroue metodologie; Helen Joseph; Frances Baard; apartheid.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons