SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.58 número1South Africa's revised history curriculum on globalism and national narratives in grade 12 textbooks índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Historia

versão On-line ISSN 2309-8392
versão impressa ISSN 0018-229X

Resumo

MWATWARA, Wesley. "Running twice as fast while remaining in the same position": Settler wheat production in Southern Rhodesia, c.1928-1965. Historia [online]. 2013, vol.58, n.1, pp.191-214. ISSN 2309-8392.

Gegewe die feit dat gematigde klimaatstoestande noodsaaklik is vir die produksie van koring, is Zimbabwe (voorheen Suid-Rhodesië), wat in 'n sub- tropiese gebied geleë is, nie ideaal daarvoor geskik nie. Derhalwe verskyn daar jaarliks berigte in die Zimbabwiese media aangaande die verskeie uitdagings wat graanprodusente in die gesig staar. Die berigte beklemtoon gewoonlik die behoefte aan drastiese optrede in gevalle wanneer daar 'n broodgebrek voorkom aangesien brood 'n belangrike komponent van die Zimbabwiese stapeldieët vorm. Desnieteenstaande die belangrikheid van koring en koringprodukte, is dit opvallend dat daar min kennis bestaan oor die geskiedenis van die koringkultuur in die land en die historiese rol wat die koloniale staat gespeel het in die ontwikkeling van hierdie kultuur. Hierdie artikel ondersoek die historiese ontwikkeling van koringproduksie in Zimbabwe en voer aan dat dit ontwikkel het as volg van die bestendiging van westerse verbruikerspatrone. Die geskiedenis van hierdie verbruikerspatrone is gekenmerk deur futiele pogings om die skaal van die koringhandel in die guns van die wit setlaarsgemeenskap te swaai. Die artikel kom tot die gevolgtrekking dat faktore soos klimaatsveranderinge, arbeidstekorte, bevolkingsontploffing en finansiële probleme teen 1965 meegewerk het om Suid-Rhodesië se voorneme van selfversorgendheid ten opsigte van graan te verydel.

Palavras-chave : Koring; selfversorgendheid; Suid-Rhodesië; setlaarboere; landbou; koringprodukte; arbeidstekorte.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons