SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.59 número2 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Historia

versão On-line ISSN 2309-8392
versão impressa ISSN 0018-229X

Resumo

MALIEHE, Sean. An obscured narrative in the political economy of colonial commerce in Lesotho, 1870-1966. Historia [online]. 2014, vol.59, n.2, pp.28-45. ISSN 2309-8392.

Hierdie artikel ondersoek die politieke ekonomie van koloniale handel in Lesotho (toe Basoetoland genoem). Daar word geargumenteer dat die politiek-ekonomiese narratief, hoewel deurslaggewend en geskik, as sodanig beperk is as 'n verklaring vir ander dinamiese verskynsels wat Lesotho se koloniale handel bepaal het. Dit skets 'n radikaal vereenvoudigde bipolêre prentjie waarin Europese en Indiese handelaars (sterker rolspelers) aan die een kant, en Basoeto-handelaars (swakker rolspelers) aan die ander kant, in antagonistiese silo's opgetree het. Deur van historiese rekords gebruik te maak, en met politieke ekonomie as 'n konteks, identifiseer die referaat die bestaan van 'n dialektiese en veelvlakkige verhouding tussen hierdie twee kategorieë.Dit het gemanifesteer in die onderling afhanklike en onontbeerlike verhouding tussen individue se daaglikse ekonomiese pragmatisme en kollektiewe politieke aktivisme. Dit is 'n onderbeklemtoonde katalisator wat daartoe bygedra het om die land se sakelandskap in die koloniale tydperk te bepaal.

Palavras-chave : Basutoland; Lesotho; koloniale handel; politiek-ekonomiese benadering; dialektiese benadering; politieke aktivisme; monopolie.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons