Serviços Personalizados
Artigo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares em Google
Compartilhar
Historia
versão On-line ISSN 2309-8392
versão impressa ISSN 0018-229X
Resumo
VERHOEF, Grietjie. Innovation and expansion: Product innovation and expansion in insurance in South Africa. The case of Sanlam, 1920-1998. Historia [online]. 2016, vol.61, n.1, pp.66-91. ISSN 2309-8392. http://dx.doi.org/10.17159/2309-8392/2016/v61n1a7.
'n Algemene aanname oor die versekeringsbedryf is dat dit 'n konserwatiewe, risiko-vermydende sektor is wat eerder markneigings navolg as om dit te inisieer. Hierdie artikel ondersoek die ontwikkeling van innovering in die Suid-Afrikaanse langtermynversekeringsmark teen die agtergrond van die ontwikkeling van die ekonomie na die totstandkoming van die Unie van Suid-Afrika. 'n Onderneming wat n leidende rol in hierdie mark in Suid-Afrika gespeel het, is Sanlam wat in die langtermynversekeringsmark op die voorpunt van produkontwikkeling is. Verder word ondersoek ingestel na die strategieë wat deur Sanlam gevolg is om die maatskappy te vestig in hierdie mark wat aanvanklik deur Britse maatskappye oorheers is. Die artikel ondersoek Sanlam se gebruik van produk-innovasie sedert die vroeë 1920's om hul markaandeel te vergroot. Die mededingende voordeel wat Sanlam teen die einde van die twintigste eeu verwerf het, het die grondslag gele vir daaropvolgende uitbreiding en diversifikasie.
Palavras-chave : Produkontwikkeling; langlewendheid; langtermynversekering; ongeskiktheid; premies; beleggings.