SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.63 número1The learning curve in the South African War: Soldiers' perspectivesThe Dorsland Treks to Angola (1974-1928) and the reasons behind them índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Historia

versão On-line ISSN 2309-8392
versão impressa ISSN 0018-229X

Resumo

DU BOIS, Duncan. "Hazardous to health?" Sugar mills and river pollution in Natal, 1869-1901. Historia [online]. 2018, vol.63, n.1, pp.24-44. ISSN 2309-8392.  http://dx.doi.org/10.17159/2309-8392/2018/v63n1a2.

Die afval vanaf suikermeule en distilleerderye wat in die strome en riviere van Natalse kusgebiede gestort is, was 'n kommerwekkende kwessie van ondersoek tussen 1869 en 1901. Die afwesigheid van latrines vir kontrakarbeiders wat op suikerrietplantasies gewerk het, het 'n toename in die ontlastingsbesoedeling van hierdie waterweë veroorsaak. Herhaalde pogings om dié kwessie deur middel van wetgewing aan te spreek, is deur die invloedrykheid van belanghebbendes in die suikerbedryf teengestaan. Die Wragg-kommissie, wat getaak is met n ondersoek na Indiër-immigrasie, se bevindings in verband met spesifieke maatreëls ter bevegting van die besoedeling van strome en riviere is geïgnoreer. James Saunders, 'n kommissielid - maar ook belanghebbende in die suikerbedryf - het in 'n minderheidsverslag bevraagteken of die gehalte van stroom- en rivierwater werklik gesondheidsrisiko's ingehou het. Buiten Saunders se standpunt het die afwesigheid van 'n grootskaalse epidemie as gevolg van waterbesoedeling oënskynlik daarop gedui dat bewerings van gesondheidsrisiko's as gevolg van besoedelde waterweë ongegrond was.

Palavras-chave : Besoedeling; sanitasie; suiker meule; gesondheid; sugarocracy"; Saunders; Campbell.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons