SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.64 número2The white concentration camps of the Anglo-Boer War: a debate without end índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Historia

versão On-line ISSN 2309-8392
versão impressa ISSN 0018-229X

Resumo

CLOETE, Fanie. Historia [online]. 2019, vol.64, n.2, pp.132-155. ISSN 2309-8392.  http://dx.doi.org/10.17159/2309-8392/2019/v64n2a6.

President P.W. Botha se berugte Rubicon toespraak op 15 Augustus 1985 by die Nasionale Partykongres in Durban, was seker een van die mees verreikende toesprake in die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Dit was veronderstel om die politieke en militêre dooiepunt wat op daardie stadium tussen die apartheidsregering en die verbanne ANC bestaan het, te deurbreek deur nuwe beleidsrigtings aan te kondig wat potensieel tot die einde van die politieke konflik in die land sou kon lei. Dit het egter nie gebeur nie. Die toespraak was inteendeel 'n totale fiasko. Sover kon net gespekuleer word waarom nie. Oorspronklike korrespondensie tussen P.W. Botha en ministers Pik Botha en Chris Heunis, en 'n geheime, ongeredigeerde verbatim transkripsie van die netso berugte voorbereidende Sterrewagvergadering in Pretoria, bevestig dat die Suid-Afrikaanse regering en die president nie gereed was vir sulke deurbraakgewende beleidsaankondigings nie, en dit nooit beplan het nie.

Palavras-chave : Rubicon toespraak; Sterrewag; swart politieke hervorming; magsdeling; swart staatkundige ontwikkeling.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons