SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.65 número1Cannabis policing in mid-twentieth century South Africa índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Historia

versão On-line ISSN 2309-8392
versão impressa ISSN 0018-229X

Resumo

SNYDERS, Hendrik. Programmes of frivolity on ice? Hockey, business, diasporic identity and apartheid in South Africa, 1936-1992. Historia [online]. 2020, vol.65, n.1, pp.87-118. ISSN 2309-8392.  http://dx.doi.org/10.17159/2309-8392/2020/v65n1a5.

Suid Afrika het 'n lang verbintenis met yshokkie - 'n sport wat oor die algemeen met Noord Amerika geassosieer word. Yshokkie se plaaslike teenwoordigheid kan direk verbind word na die vestiging van rolskaatsbane as 'n entrepreneursinisiatief deur sakemanne gedurende die laat-negentiende eeu. In 'n poging om munt te slaan uit die openbare belangstelling in rol- en ysskaats, is vertoonkunstenaars vanaf oorsee ingevoer om deur middel van openbare demonstrasies plaaslike belangstelling aan te wakker wat op hulle beurt, weer tot die stigting van verskeie yshokkie klubs in 1936 aanleiding gegee het. Gegewe die sterk winsoogmerke agter die inisiatief, was dit feitlik onafwendbaar dat verskille en geskille tussen sakevennote en administrateurs, die ontwikkelingsgang en uiteindelike karakter van die sport direk sou beïnvloed. Suid Afrika se lang geskiedenis van rasseskeiding, apartheid (1948-1991) en die betrokkenheid van 'n groot groep oorsese spelers (Duitsers, Switsers en Kanadese) het eweneens Suid Afrikaanse yshokkie se finale identiteit help vorm. Gegewe die sport se slegs-blankes aard gedurende die apartheidsera, het dit soos ander sportsoorte 'n teiken van die internasionale anti-apartheid boikot-veldtog geword. Hierdie artikel poog eerstens om elemente van yshokkie se Suid Afrikaanse verlede aan die vergeteldheid te ontruk en tweedens, om die wisselwerking tussen die sport, entrepreneurskap, imperiale- en buitelandse-identiteite en apartheid gedurende die 20ste eeu bloot te lê.

Palavras-chave : Hokkie; ysskaats; segregasie; apartheid; Suid-Afrikaanse sport; diaspora; ondernemerskap.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons