SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.66 número1Food, nutrition and the Afrikaans housewife in Die Huisvrou, 1922-1945 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Historia

versão On-line ISSN 2309-8392
versão impressa ISSN 0018-229X

Resumo

GORELIK, B.  e  SCHUTTE, G.J.. Dutch trade and patronage networks as facilitators of transcontinental mobility in early modern Russia and the VOC Cape. Historia [online]. 2021, vol.66, n.1, pp.39-60. ISSN 2309-8392.  http://dx.doi.org/10.17159/2309-8392/2021/v66n1a2.

Die Swellengrebels was die vernaamste van die Kaapse families wat onder die bewind van die Verenigde Oost-Indische Compagnie (VOC) lid geword het van die Nederlandse regerende elite. Hendrik Swellengrebel was die kolonie se enigste plaaslik gebore goewerneur, terwyl sy vader en ander Kaapse familielede in Rusland gebore is. Hul migrasie tussen Europa, Afrika en Asië weerspieël die aard en ontwikkeling van Nederlandse handels- en patrimoniale netwerke. Selfs op die periferie, aan die Kaap en onder Nederlandse uitgewekenes in Rusland, het daardie netwerke geleenthede gebied om oorsese poste te bekom en om met die maatskaplike rangleer te vorder. Die geval van die Swellengrebels wys dat nie net goedere nie, maar ook mense, die reis kon onderneem vanaf Rusland na die Kaap en VOC-beheerde Asië. Patronaatskap het beide ruimtelike en maatskaplike beweeglikheid bevorder. Deur wedersyds voordelige bande met invloedryke patronate, soos Nicolaes Witsen, te smee, kon die Swellengrebel familie hul weg deur die VOC handelsnetwerke baan, en welvaart en aansien behaal in kultureel uiteenlopende samelewings soos Rusland en die Kaap. Die sosiale opgang, identiteitsomvorming en transkontinentale migrasie van die Swellengrebel familie dui op die wesenlikheid van transkontintentale patrimoniale netwerke in die vroeë moderne era.

Palavras-chave : Hendrik en Johannes Swellengrebel; migrasie; Nicolaes Witsen; patrimoniale netwerke; patronalisme; patronaatskap; Rusland; sosiale identiteit; opwaartse sosiale mobiliteit; VOC Kaap.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons