SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.66 número1Struggles for African independent education and land rights on the Rand and the significance of the Tsewu court case, 1903-1905: A new analysisCannabis policing in mid-twentieth century South Africa índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Historia

versão On-line ISSN 2309-8392
versão impressa ISSN 0018-229X

Resumo

MASAKURE, Clement  e  NDUMEYA, Noel. 'The trees do not belong to Chief Maranke but to the Native Reserves Trust': The politics of timber resource exploitation in African reserves, colonial Zimbabwe, 1924-1948. Historia [online]. 2021, vol.66, n.1, pp.61-87. ISSN 2309-8392.  http://dx.doi.org/10.17159/2309-8392/2021/v66n1a3.

Binne die konteks van 'n setlaarstaat wat gekenmerk is deur rasse-diskriminasie en ongelyke toegang tot natuurlike hulpbronne, ondersoek hierdie artikel die ideologiese, omgewings- en ekonomiese oorwegings rondom die stigting van die Native Reserves Trust (NRT), en die rol wat dit gespeel het in die benutting van hout-hulpbronne in die swart reservate van Suid-Rhodesië (die hedendaagse Zimbabwe). Gegewe die feit dat die koloniale staat marginale en minder produktiewe reservate vir Afrikane opsy gesit het, gebruik hierdie artikel die NRT as 'n lens om die proses te belig waardeur die settlaarsgemeenskap die swart reservate binnegedring het en hout-hulpbronne benut het vir wit-beheerde bedrywe terwyl, aan die ander kant van die munt, Afrikane verbied was om dieselfde hulpbronne binne die wit gebiede te benut. Die studie bespreek die belangrikheid van hout binne die swart reservate. Dit analiseer die rol van die NRT in die regulering van hout-hulpbronne, en die verhouding tussen die staat, hout-konsessionarisse en die swart gemeenskappe. Laastens oorweeg dit die mate waartoe die benutting van hout-hulpbronne bygedra het tot die vernietiging van die omgewing en hoe dit gelei het tot 'n beleidsverskuiwing, wat die instelling van staatsgedrewe bebossingsprogramme in die reservate tot gevolg gehad het, sowel as die mate waartoe dit die verhouding tussen Afrikane en die staat beïnvloed het. In die geheel wys ons daarop dat die benutting van hout-hulpbronne in swart areas 'n weerspieëling was van die wyer koloniale beleid wat wit ten koste van swart bevoordeel het.

Palavras-chave : Native Reserves Trust; African reserves; timber; afforestation; Southern Rhodesia; colonial Zimbabwe; natural resources.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons