SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.66 número2 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Historia

versão On-line ISSN 2309-8392
versão impressa ISSN 0018-229X

Resumo

SZABO-ZSOLDOS, Gábor. Hungarians in the Anglo-Boer War. Historia [online]. 2021, vol.66, n.2, pp.2-22. ISSN 2309-8392.  http://dx.doi.org/10.17159/2309-8392/2021/v66n2a1.

Die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) het verskeie Hongaarse konneksies gehad op ekonomiese, politieke en kulturele gebied. Brittanje en die Boererepublieke het gepoog om landbouprodukte (veral perde en meel) in Hongarye, vir gebruik in die oorlog, aan te koop. Hongaarse joernale en koerante het 'n groot aantal artikels en rubrieke oor die oorlog gepubliseer, en vername Hongaarse digters en skrywers, sowel as politici en ander openbare figure, het oor die oorlog besin en hul pro-Boer, pro-Britse, of neutrale menings daaroor uitgedruk. Hongare wat in die Boerekommandos gedien het, óf diegene wat onder die Union Jack in Suid-Afrika geveg het, verteenwoordig die nouste band tussen die Karpatiese Kom en die Anglo-Boereoorlog. Sewentien Hongare wat aktief aan die oorlog deelgeneem het is geïdentifiseer; die meerderheid (twaalf) aan die Boere-kant, terwyl net vyf die Britse oorlogspoging gesteun het. Hierdie artikel fokus op drie van die Hongaarse deelnemers: Tibor Péchy, Albert Wass en Albert Theophilus Duka. Péchy en Wass was pro-Boer vrywilligers, met Duka wat in die Britse weermag gedien het. Hul Suid-Afrikaanse bedrywighede word beskiyf, waarna 'n vergelyking getref word tussen die faktore wat hulle beweeg het om aan die Anglo-Boereoorlog deel te neem.

Palavras-chave : Anglo-Boereoorlog/Suid-Afrikaanse Oorlog; Graaf Albert Wass; Dr. Albert Theophilus Duka; Félix Luzsénszky; Hongare; Hongaarse Revolusie en Vryheidsoorlog; 1848-1849; Lajos Kossuth; Tibor Péchy; Pres. Paul Kruger.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons