SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.66 número2 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Historia

versão On-line ISSN 2309-8392
versão impressa ISSN 0018-229X

Resumo

KANGALAWE, Hezron R.  e  SWART, Sandra. "Everyone is becoming a forester": From state monopoly to participatory forest management in Sao Hill Forest, Tanzania, c.1990-2015. Historia [online]. 2021, vol.66, n.2, pp.74-100. ISSN 2309-8392.  http://dx.doi.org/10.17159/2309-8392/2021/v66n2a4.

In 2000 moes Sao Hill Forest, die grootste staatsplantasie in Tanzania, noodgedwonge 'n stelsel van gemeenskapsbestuur aanvaar - 'n benadering wat gewoonlik slegs vir die beskerming van natuurlike woude gebruik word. Ons hoop om met behulp van hierdie ongewone gevallestudie van "n bosbouplantasie 'n bydrae te lewer tot die studie van die bestuur van woude. Navorsing oor gemeenskaps- of deelnemende bestuur van woude fokus hoofsaaklik op natuurlike woude. Bosbouplantasies het egter ander kwessies/uitdagings om te oorweeg. Ons argumenteer dat die staat verplig was om die model van gemeenskapsbestuur te aanvaar, maar ook aan te pas ten einde by 'n neoliberale skenkerskonteks te pas, terwyl hulle hul op 'n praktiese vlak terselfdertyd teen plaaslike omgewingsgevare moes beskerm. Ten einde hierdie historiese gevallestudie te kontekstualiseer, verduidelik ons waarom Sao Hill gestagneer het en ondersoek dan die oorlewingstrategieë wat deur die bestuurders op die plantasie geïmplementeer is. Vervolgens ondersoek ons die verhouding van die bosbouprojek met die omliggende gemeenskappe, en beklemtoon verskillende plaaslike en inheemse reaksies wat as "n stelsel van gemeenskapsbestuur bekend geword en verstaan is. Ons gebruik die gevallestudie om hierdie idiografiese toepassing van gemeenskapshulpbronbestuur te ondersoek en te illustreer hoe omgewingsgeskiedenis in die praktyk aangewend kan word om ingeligte beleidsbesluite vir die hede te neem.

Palavras-chave : Tanzanië; Sao Hill Forest; Wêreld Bank; bosbouplantasies; deelnemende bestuur van woude; gemeenskaps-bestuur van woude; omgewingsgeskiedenis; bosgeskiedenis.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons