SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.66 número2 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Historia

versão On-line ISSN 2309-8392
versão impressa ISSN 0018-229X

Resumo

HYSLOP, Jonathan. The Kaiser's lost African empire and the Alternative für Deutschland: Colonial guilt-denial and authoritarian populism in Germany. Historia [online]. 2021, vol.66, n.2, pp.101-124. ISSN 2309-8392.  http://dx.doi.org/10.17159/2309-8392/2021/v66n2a5.

Hierdie artikel ondersoek die rol wat die "imaginare" van die ryk, wat Duitsland in 1919 verloor het, speel in die hedendaagse Duitse vêrregse beweging, en veral wat betref sy vernaamste manifestasie, die AfD. Dit fokus op die simboliese belang van die voormalige kolonies in Suidwes-Afrika/Namibië en Oos-Afrika/Tanzanië en die minder belaaide, maar steeds belangrike, Duitse "informele ryk" se bande met Suid-Afrika. Die artikel belig die feit dat die AfD hom beroep op 'n noemenswaardige nalatenskap van politieke aktivisme wat betref Afrika, wat so vêr terugstrek as die koloniale revanchistiese nasionalisme van die Weimar-era, die globale netwerk van die Nazi Party se "Oorsese Organisasie", en die na-oorlogse populisme van Franz Josef Strauß. AfD ideoloë verheerlik die prestasies van die Kaiserreich, en beklemtoon dat Duitsland niks het om oor skaam te wees wat betref sy koloniale verlede nie. Met Namibië se onlangse eis om die betaling van Duitse reparasies vir die 1904-7 volksmoord in daardie land, het die verlede 'n baie lewendige vraagstuk in die Duitse politiek geword, en die AfD het veel gewag gemaak van sy teenstand wat betref enige erkenning van Duitse aandadigheid. Die artikel wys ook hoe die AfD homself uitbeeld as die beskermheer van die Duitse minderheid in Namibië en van wit Suid-Afrikaners, wie se posisie uitgebeeld word as 'n waarskuwing oor wat gebeur wanneer wit mense die "rasse-ander" toelaat om politieke mag te verkry. Die analise poog om vereenvoudigde "kulturistiese"/historistiese verklarings oor die teenwoordigheid van hierdie vraagstukke in hedendaagse politiek te vermy deur sy weergawe te grond op die kontinuïteit van belangrike sosiale, ekonomiese en strategiese verhoudings tussen Suider-Afrika en Duitsland.

Palavras-chave : Alternative für Deutschland; Duitse kolonialisme; Herero reparasies; Duitsers in Namibië; Franz Josef Strauß.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons