SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.67 número1Struggles for African independent education and land rights on the Rand and the significance of the Tsewu court case, 1903-1905: A new analysis índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Historia

versão On-line ISSN 2309-8392
versão impressa ISSN 0018-229X

Resumo

MCDONALD, Jared. Debating San provenance and disappearance: Frontier violence and the assimilationist impulse of humanitarian imperialism. Historia [online]. 2022, vol.67, n.1, pp.2-27. ISSN 2309-8392.  http://dx.doi.org/10.17159/2309-8392/2022/v67n1a1.

Hierdie artikel bestudeer die wyse waarop ideale rondom humanitêre imperialisme debatte oor die herkoms en toekoms van die Kaapse San beïnvloed het na afloop van die tweede Britse besetting van die Kaapkolonie. Die bespreking stel ondersoek in na die lot van die San op die Kaapse grens, en hoe hul ondergang die fokuspunt geword het in 'n transkoloniale gesprek oor die wenslikheid om inheemse mense as Britse onderdane op te neem. Vername humanitêre voorstanders, soos John Philip, het 'n beroep gedoen om die San as koloniale onderdane te integreer, ter wille van die veronderstelde beskerming wat dit hulle sou bied. Die humanitêre veldtog om onderdaanskap uit te brei om die San in te sluit is gevoer op die gronde dat dit die vernietigende uitwerking van setlaar-kolonialisme die hoof sou bied. Dié beginsel is ook op inheemse mense in setlaarkolonies dwarsoor die groeiende ryk van toepasinsg gemaak. Hierdie siening was nie sonder sy teenstanders nie, wat gekant was teen die filantrope se uitbeelding van setlaars as roofgierig en verantwoordelik vir konflikte op die grens. Die artikel voer aan dat die lot van die Kaapse San 'n belangriker plek ingeneem het in vroeë-negentiende eeuse geskille oor setlaarsidentiteit, grensverhoudinge, en die geslaagdheid van missies om die inheemse bevolking te "beskaaf", as wat daar tot dusver besef is.

Palavras-chave : San; Kaapkolonie; humanitêre imperialisme; London Missionary Society; John Philip; setlaar-kolonialisme; grens; assimilasie.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons