SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.48 número1 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

STRAUSS, D.F.M.. Transformasie en die Regstaat (Burgerstaat): Tussen die Scylla van die herstel van begane onreg en die Charybdis van 'n ondemokratiese magstaatinhoud wat aan die slagspreuk "verteenwoordigend van die demografie" gegee word. Tydskr. geesteswet. [online]. 2008, vol.48, n.1, pp.58-77. ISSN 2224-7912.

Teen die agtergrond van tradisionele staatsteorieë fokus hierdie artikel op die probleem van mag en geregtigheid. Dit geskied deur die slaggate van 'n totalitäre en absolutistiese siening uit te wys in die opvatting van "meerderheidsregering". Dit blyk dat tradisionele magstaatsteorieê (soos dié van Hobbes) 'n negatiewe invloed gehad het op diegene (soos Rousseau) wat 'n pleit wou voer vir die bestaan van 'n regstaat. Hierdie gemengde erfenis geld beide ten opsigte van die politieke geskiedenis van Suid-Afrika en die resente konstitusionele geskiedenis daarvan sedert die oorgang van en na 1994. Die begrip "demokrasie" word afgeskaal tot die konstitusioneel-verordende verkiesingsposes, verbind aan die bevoegdheid van die burgery om 'n owerheid in die owerheidsamp te plaas. Hierdie verkiesingsproses veronderstel die amp van owerheid asook die bevoegdhede (magte) wat in daardie amp opgesluit lê. Gevolglik kan dit nie afgelei word uit diegene wat juis aan daardie owerheidsgesag onderworpe is as burgers van die staat nie. Aangesien die meerderheid nie die bron van geregtigheid (of waarheid) kan wees nie, impliseer die aanwending daarvan as maatstaf (in die sin van verteenwoordigend-wees van die demografie van die land) onderweg na 'n uiteindelike regstaat (sonder enige diskriminasie) dat die hele proses kan vasloop in 'n situasie waar die doel ('n regstaat) gekortwiek word deur die middele (totalitêre maatreëls wat onregmatig ingryp in die regmatige, interne bevoegdheidsfeer van nie-staatkundige samelewingsvorme).

Palavras-chave : Regstaat; Magstaat; Diktatuur van die meerderheid; Demokrasie; Amp van owerheid; Samelewingsvryhede; Burgerlike vryheid; Verteenwoordigend van die demografie.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons