SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.48 número1 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

LE ROUX, Schalk W.  e  FERREIRA, O.J.O.. Camões in Afrikaans: Vertaling van die gedeelte uit Os Lusíadas wat oor die Suidpunt van Afrika handel. Tydskr. geesteswet. [online]. 2008, vol.48, n.1, pp.95-110. ISSN 2224-7912.

In sy epiese gedig Os Lusíadas het Camões (ca. 1524-1580) tegelykertyd die glorie en ondergang van die Portugese ryk verwoord. Hy was 'n nasionale digter en sy meesterwerk is van die begin tot die einde aan die verhaal van sy heroïese volk gewy. Die kern van die verhaal is Vasco da Gama se reis na Indië (1497-1498) en is gegrond op die skeepsjoernaal wat Álvaro Velho aan boord van die São Rafael in Da Gama se vloot gehou het. Maar die digter het die voorafgaande geskiedenis van Portugal in sy epos ingewerk deur Da Gama die geskiedenis aan die heerser van Malindi te laat vertel. Die gebeure ná sy reis word gedeeltelik deur Da Gama self verwoord, maar ook deur die sinistere voorspellings van Adamastor, die gees van die Stormkaap. Camões vertel in sy Os Lusíadas die verhaal van Adamastor in kanto V, stansas 37 tot 61. Adamastor verskyn aan die Portugese in 'n vreesaanjaende vorm, vervloek hulle omdat hulle sy oseaan bevaar en voorspel dood en noodlot vir toekomstige togte. Hy vertel ook aan hulle sy verhaal en hoekom hy deur die gode na die suidpunt van Afrika verban is. Os Lusíadas is in vele tale vertaal. Slegs kort gedeeltes is in Afrikaans oorgesit en 'n poging is nog nie aangewend om die Adamastor-gedeelte in versvorm te vertolk nie. Dié gedeelte word in hierdie artikel in verband geplaas en in vertaalde vorm aangebied.

Palavras-chave : Adamastor; Luís Vaz de Camões; mites; Portugese epos; vertaling.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons