SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.48 número4 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versão On-line ISSN 2224-7912versão impressa ISSN 0041-4751

    Resumo

    WAGENER, Pieter. Globalisering en 'n verdeelde gemeenskap in Suid-Afrika. Tydskr. geesteswet. [online]. 2008, vol.48, n.4, pp.401-411. ISSN 2224-7912.

    Die verskil in invloed van globalisering op wit en swart gemeenskappe in Suid-Afrika word betrag vanuit 'n sosio-ekonomiese gesigspunt. Hierdie invloede kan in perspektief gesien word deur te kyk na die hoofperiodes van maatskaplike veranderings in die Westerse wêreld gedurende die afgelope 800 jaar. Die blanke in Suid-Afrika, in besonder die Afrikaner, is erfgename van hierdie veranderings en kon in Afrika tred hou met die globale veranderings van die onlangse verlede. Die swart bevolking, daarenteen, is nou skielik in die globale era gewerp. Met die gevolglike akkulturasie ontwikkel nou voorheen onbekende "Westerse kwale" soos hartvatsiekte, diabetes en vetsug. Globalisering, met die aggressiewe bemarkingstegnieke van multinasionale maatskappye, tesame met groepsdruk, veroorsaak boonop 'n ongebreidelde skuldlas. Hierdie skuldlas plaas groter druk op werkgewers vir verhoogde salarisse, wat op sy beurt kan lei tot die onttrekking van buitelandse beleggings en toenemende werkloosheid. Hierdie spiraal kan verder lei tot politieke onrus. Vanweë sy agtergrond, kan die blanke 'n noodsaaklike rol speel in die globale ekonomiese wedloop. Om dit te verstewig, sal die beperkings van swart bemagtiging heroorweeg moet word.

    Palavras-chave : Globalisering; arbeidsregte; ontwikkeling; skuldlas; Afrika.

            · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )