SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.48 número4 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

VAN LOUW, Trevor  e  WAGHID, Yusef. Die behoefte aan 'n multidimensionele benadering tot dissiplineprobleme op skool. Tydskr. geesteswet. [online]. 2008, vol.48, n.4, pp.467-476. ISSN 2224-7912.

Hierdie artikel beklemtoon die belangrikheid van behoorlike sosiohistoriese kontekstualisering van dissipline in skole. Die argument wat deur die skrywers ontwikkel is, is dat skole 'n spieëlbeeld is van die samelewings waarin dit voorkom en dat hierdie feit in ag geneem moet word wanneer strategieë vir die hantering van die probleem gekontekstualiseer word. In the Suid-Afrikaanse konteks vra dit vir die erkenning van die impak van eeue van onderdrukking in die koloniale en apartheidsera soos wat dit verband hou met die huidige probleme in die breër samelewing en in skole. Die argument wat deur die skrywers ontwikkel word, hou rekening met die belangrikheid van die sosiohistoriese kontekstualisering van dissiplinêre probleme in skole as 'n sosiale werklikheid en die noodsaak om probleme in die samelewing met dié in skole in verband te bring. Dit word voorts geargumenteer dat die komplekse aard van die probleem wat op hierdie wyse blootgelê word, 'n veelfasettige benadering verg waar alle rolspelers (ook dié buite die skool, op 'n geïntegreerde wyse met die skool saamwerk om gepaste strategieë te ontwikkel, implementeer, moniteer en evalueer en om dit na kritiese refleksie aan te pas, sou die omstandighede dit vereis.

Palavras-chave : Dissipline; sosio-historiese konteks; multidimensionele benadering; demokrasie; samewerking.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons