SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.50 número3Meaningfulness as experienced by a group of South AfricansFranchisees' level of satisfaction with the opportunities and threats of franchising índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

VAN DER MERWE, JP. Die afrikaner se belewing van transformasie en nasiebou in 'n postapartheid Suid-Afrika. Tydskr. geesteswet. [online]. 2010, vol.50, n.3, pp.313-327. ISSN 2224-7912.

Baie Afrikaners ervaar nasiebou en transformasie traumaties. Vir hulle is dit omgekeerde rassisme en blatante diskriminasie. Op die oog af het Suid-Afrikaners sedert 1994 (en moontlik selfs al vanaf 1990) vordering met spontane nasiewording gemaak. Die verdwyning van gedwonge rasseskeiding, die vreedsame oorgang na demokratiese regering, President Nelson Mandela se versoeningspogings en die prestasies van nasionale sportspanne het alles hiertoe bygedra. Desnieteenstaande is die ANC na sestien jaar van regeer nog steeds vasbeslote om nasiebou van bo af op sentralistiese wyse, te dryf. Die rede, wil 'n mens aflei, is dat die natuurlike roete veels te lank sal duur en dat sukses nie noodwendig verseker is nie. Professor Francois Venter, oudvoorsitter van die Afrikanerbond, meld dat die uiteinde van hierdie transformasie en nasiebou inisiatiewe is dat daar vandag onder Afrikaners, en veral denkende Afrikaners, 'n wydlopende kulturele malaise is, wat manifesteer in onttrekking, politieke onbetrokkenheid, swartgalligheid, sinisme, en so meer. In hierdie artikel word die voorspelling gemaak, dat ondanks al hierdie moontlike bedreigings van transformasie, Afrikaner-etnisiteit oor die volgende tien jaar baie sterk na vore gaan tree. Die ironie is dat dit juis hierdie geforseerde prosesse van nasiebou en transformasie is wat opnuut weer momentum aan Afrikaners gee om hulle kultuurinhoud en -waardes as 'n kleinood op te pas en te beskerm. Die feit dat die ANC-regering voortdurend in nuwe wetgewing bly fokus op Afrikaners se eksterne identiteitselemente (soos byvoorbeeld velkleur) laat Afrikaners basies met geen ander keuse nie as om 'n samehorigheidsgevoel te ervaar en te ontwikkel.

Palavras-chave : Transformasie; nasiebou; Afrikaner; postapartheid; nuwe begin; leierskap; kultuur; enkulturasie; akkulturasie; nuwe Suid-Afrika.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons