SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.51 número3Afrikaans speech norms and prescriptive Afrikaans norms: is there enough scope for grammatical diversity in standard Afrikaans? índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

LESSING, AC  e  WITT, MW de. Stemme uit die Suid-Afrikaanse onderwysuniegeledere oor dissipline. Tydskr. geesteswet. [online]. 2011, vol.51, n.3, pp.403-418. ISSN 2224-7912.

Ongedissiplineerde leerdergedrag het betrekking op gedrag wat die ordelike verloop van die onderrigsituasie versteur. Dit is veral lae-impak-ongedissiplineerde gedrag soos tussenin praat, rondloop in die klas en taakvermyding wat die meeste frustrasie en stres by onderwysers veroorsaak. Hierdie artikel weerspieël onderwysers van bepaalde skole se sienings oor die oorsake van ongedissiplineerde leerdergedrag, asook hulle sienings oor die handhawing van dissipline in die skool. 'n Vraelys is elektronies aan skole gestuur en die resultate is sowel kwantitatief as kwalitatief ontleed. Hierdie artikel doen egter slegs verslag oor die bevindinge van die kwalitatiewe gedeelte van die vraelys. Streng, konsekwente asook regverdige dissipline en deeglike lesvoorbereiding wat leerderbetrokkenheid insluit, word beskou as die effektiefste maniere om dissipline te handhaaf. Uit die resultate van hierdie navorsing is dit duidelik dat die handhawing van dissipline in skole talle rolspelers impliseer, 'n groot verskeidenheid aspekte behels en geen maklike taak is nie.

Palavras-chave : gedragsprobleme; dissipline; ouerbetrokkenheid; dissiplinêre kode; straf; detensie; kinderregte; waardestelsel; ondersteuningstelsel; proaktiewe dissipline; Suid-Afrikaanse Onderwysersunie; SAOU.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons