SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.52 número2The use of body maps by educators in fulfilling their pastoral roleUbuntu values: societal and educational expectations índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

FRONEMAN, Johannes D.. Op weg na 'n sensasionele populistiese gemeenskapspers?. Tydskr. geesteswet. [online]. 2012, vol.52, n.2, pp.221-235. ISSN 2224-7912.

Die 104-jaaroue Potchefstroom Herald (die Herald) se verandering in voorbladstyl word hier ondersoek omdat dit tekens toon van sensasionele populisme (wat visueel sterk tipografie en 'n swaar klem op die dramatiese en emosionele insluit). Om die Herald in breër konteks te plaas, word ander toonaangewende gemeenskapskoerante ook ondersoek om vas te stel of genoemde populisme 'n algemene neiging by Suid-Afrikaanse gemeenskapskoerante is. Uit die kwalitatiewe analise van die Herald se voorblaaie blyk dit dat die blad in sy 2010-gedaante besonder was: die voorbladontwerp en agenda het wesenlike ooreenkomste met dié van die sensasionele poniepers getoon, maar die binneblaaie het die styl van 'n konvensionele gemeenskapskoerant gehad. In die lig van dié dubbelslagtige benadering, kan die koerant in sy 2010-gedaante nie voorkomsgewys as 'n volwaardige sensasieponie bestempel word nie. Die impak van koerantvoorblaaie kan egter nie onderskat word nie. Daarom kan die neiging tot al sterker tipografie en die vestiging oor baie jare van 'n emosioneel gelaaide voorbladagenda nie gering geskat word nie. Dit verteenwoordig 'n fundamentele verskuiwing weg van 'n meer besadigde joernalistiek. Hoewel ander gemeenskapskoerante in mindere of meerdere mate populistiese kenmerke toon, is daar tog steeds 'n beduidende aantal gemeenskapskoerante wat 'n geheel en al ander styl as die Herald van 2010 navolg. Daar word hier geargumenteer dat gemeenskapskoerante fyn moet onderskei tussen 'n blatante sensasionalisme en 'n lewendige populisme ten einde hul bestaande lesers nie te verloor nie. Boonop bring dit vrae na vore oor die geloofwaardigheid van sulke koerante.

Palavras-chave : Potchefstroom Herald; gemeenskapskoerante; sensasionele populisme; kwalitatiewe analise van voorblaaie; wegbreek van konserwatisme.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons