Serviços Personalizados
Artigo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares em Google
Compartilhar
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751
Resumo
VAN JAARSVELD, Anthea. Van roman na film: geen Disgrace vir J M Coetzee. 'n Ondersoek na die proses van filmverwerking. Tydskr. geesteswet. [online]. 2012, vol.52, n.2, pp.307-321. ISSN 2224-7912.
In hierdie artikel word nie gepoog om 'n hiërargie te probeer vasstel tussen die literêre teks en sy filmweergawe nie, maar bloot die leser bewus te maak van 'n noemenswaardige denkverskuiwing vanaf die negentigerjare na die belang van filmverwerking as entiteit in eie reg. 'n Oorsig word gegee van die aard van filmverwerking deur die fokuspunte in die ontwikkeling daarvan, en die besondere verband tussen die geskrewe en visuele teks uit te stip. Literatuur bestaan nie in 'n vakuum nie en word deurgaans herskryf deur die vele veranderende kulturele kontekste waarbinne dit bestaan. Die bestudering van die filmverwerking van Disgrace toon by uitstek aan hoe die bestudering van populêre kulturele verwerkings van literatuur kan funksioneer as 'n lewende teks wat deel word van organiese, betekenisvormende prosesse binne die gemeenskap.
Palavras-chave : Filmverwerking; film-narratief; semiotiek; filmverwerkingsteorie; literêre teks; kinematografie; getrouheidskritiek; intertekstualiteit; herlesing; toeeiening.